Pogings om Welwitschias se wedstryd uit te saai, misluk

Onderhandelings met beide Wêreldrugby en die rugby-unie in Uruguay was onsuksesvol en dus sal Namibiërs nie vanaand die geleentheid hê om die wedstryd tussen die Welwitschias en Argentinië-A te kan kyk nie. Die wedstryd sal net na sewe-uur vanaand begin. Volgens die uitvoerende hoof van die Namibiese Rugby-unie, John Heynes het hulle alles in die stryd gewend maar pogings het misluk. ESPN het die regte en Uruguay se rugby-owerhede kon nie bystand bied nie. Tellings sal op die Namibiese Rugby-unie se Facebook-blad deurlopend geplaas word.