Reuse-begroting vir nuwe GRN-motors
Die Namibiese regering het reeds ‘n geruime tyd gelede sy belofte om tot 2025 geen nuwe voertuie aan te koop nie, gebreek. Die huidige begroting vir nuwe voertuie is tans 285 persent hoër en verteenwoordig die hoogste bedrag in sewe jaar met 210 miljoen Namibiese dollar wat bestee sal word waarvan die helfte aan die ministerie van veiligheid en sekuriteit sal gaan. President Hage Geingob het in Mei 2020 ‘n moratorium op nuwe voertuigaankope verklaar en het groot lof op die vasteland daarvoor ontvang maar, verlede jaar en die jaar voor dit, was voertuie wel aangekoop. ‘n Groot bron van kommer is die regeringswerkswinkels wat nie fondse ontvang het nie. Daar is uitdagings met die werkswinkels se kapasiteit, veral vir die luukse Duitse voertuie waarvoor die regering so lief is, en ‘n tekort aan beskikbare onderdele as gevolg van uitgebreide diefstal.