Brics moet voorkeur gee aan groen-oorgang
Die buurland se minister van samewerkende regering, Thembi Nkadimeng, het ‘n beroep gedoen op die Brics-lande om die doelwitte van ‘n billike oorgang na lae koolstofekonomië voorkeur te gee. Sy het gepraat met afgevaardigdes by die 2023 Brics Verstedelikingsforum in Durban en die noodsaaklikheid beklemtoon dat Brics-lande hernubare energiebronne voorop stel om die negatiewe uitwerking van vinnige verstedeliking op die omgewing teen te werk. Nkadimeng het klem geplaas op die bou van veerkragtige stede en stedelike ekonomië wat gelyke toegang bied tot geleenthede om ‘n waardige lewenstandaard vir alle burgers te verseker.