VSA se Dreams-program help vroue-skrynwerkers in Katima

Deur die Dreams-program bevorder die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, USAid, met befondsing van die Amerikaanse President se noodplan vir MIV/vigsverligting, Pepfar, ekonomiese bemagtiging aan Namibiese meisies en jong vroue wat die risiko loop om MIV op te doen. In Katima Mulilo in die Zambezi-streek het vier jong vroue wat deel is van die Dreams-program, deur Project Hope Namibia, ses maande lange opleiding in skrynwerk by die Zambezi-beroepsopleidingsentrum voltooi. Ná die opleiding is die vroue gekeur vir ’n internskap by ’n houtwerk-werkswinkel in hul gemeenskap. Tiffany Miller, die Amerikaanse ambassade in Namibië se woordvoerder…