Vryheidsfront Plus vra hersiening oor Turkse kragskepe

Die Vryheidsfront Plus vra ‘n deeglike hersiening namate die Turkse onderneming Karpowership se projek vir kragskepe in Suid-Afrikaanse hawens vorder. Twee omgewing-studies het toestemming gekry vir laat indiening, hangende goedkeuring. Skepe word vir die hawens van Richardsbaai en Saldanha beplan, terwyl die projek in Ngqura vertraag is. Die VF Plus-lid Wynand Boshoff sê toegang tot die nasionale kragnetwerk en die finalisering van die verkrygingsooreenkoms met Eskom is steeds onopgelos.