Ramaphosa vra vir vrede by Rusland-Afrika-beraad
President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op internasionale samewerking gedoen om ʼn einde te maak aan konflikte regoor die wêreld. Hy was die spreker op die Rusland-Afrika-beraad in St. Petersburg, Rusland. Ramaphosa het lande aangemoedig om hulle aktief vir vrede te beywer. Hy beklemtoon die noodsaaklikheid van gesamentlike optrede om die grondoorsake van konflikte aan te pak en ‘n vreedsamer en bestendiger omgewing wêreldwyd te bevorder. Ramaphosa het ook gevra vir dialoog en onderhandeling om die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne op te los.