City Power-infrastruktuur moet beveilig word
Die DA in Johannesburg eis antwoorde by die stad se uitvoerende gesag oor hoe sekerheidskontrakte wat die beveiliging van City Power se kritieke elektriese infrastruktuur verseker, toegelaat is om te verval. Raadslede is ingelig sekere substasies in die metro sal vir die volgende vier dae geen sekerheid hê nie. Die DA-lid, Nicole van Dyk, sê die verantwoordelikheid vir die beskerming van infrastruktuur rus nou op die inwoners: