Gelykop teen Argentinië maak seerder as verloor
Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê vandag se gelykop-uitslag teen Argentinië maak seerder as Saterdag se nederlaag teen Swede hoewel Suid-Afrika hulle heel eerste punt in ‘n Wêreldbekertoernooi vir Vroue verdien het. Suid-Afrika was 2-0 voor in die 66ste minuut in Dunedin, Nieu-Seeland, maar het toegelaat dat Argentinië terugveg om met 2-elk gelykop te speel. Ellis meen hulle het hulself in seker opsigte in die steek gelaat en kan dus net hulself die skuld gee. Suid-Afrika kan steeds die groepfase oorleef indien hulle, asook Swede, met Italië afreken.