Klimaat: Nam kan 6% van BBP elke jaar verloor

Die Namibiese Tesourie sê droogtetoestande bedreig die volhoubaarheid van die staatskas met ongeveer 500 miljoen Namibiese dollar wat op verligtingsprogramme bestee is. Volgens die finansminister Ipumbu Shiimi, raak klimaatsverandering en die gepaardgaande droogtes ekonomiese groei in die land. Hy sê meer befondsing sal nodig wees, ook volgende jaar, en daar word verwag dat die impakte sal vererger. Hy voeg by dat tydens die droogte van 2019 het droëland-akkerbou met 48 persent gedaal. Oor die volgende 20 jaar kan tot 6 persent van die BBP jaarliks verlore gaan as gevolg van klimaatsverandering.