Jub Jub kry R10 000 borg

Die Suid-Afrikaanse kletsrymer en mediapersoonlikheid Molemo Jub Jub Maarohanye is borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan. Hy het in die Johannesburgse Landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting, poging tot moord, en aanranding. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die aanklagte gaan terug tot 2006 en hou verband met vier verskillende slagoffers. Die saak is tot 24 Augustus uitgestel. Maarohanye se prokureur, Ntsako Baloyi, sê die aanklagte is versin: