Ekandjo wil kongres hou vir Swapo-kandidaat vir ’24
Plaaslike berigte lui dat die Swapo LP Jerry Ekandjo vir ‘n buitengewone kongres vra sodat Swapo sy presidensiële kandidaat vir 2024 kan bespreek. Ekandjo het blykbaar die beroep op President Hage Geingob gedoen. Volgens berigte het verlede jaar se kongres geen melding gemaak van ‘n presidensiële kandidaat nie en sommige kenners meen Ekandjo wil homself posisioneer om die pos te vul. Maar, Geingob het verlede jaar tydens die kongres reeds bevestig dat Netumbo Nandi-Ndaitwah, wat as partypresident verkies is, die Swapo presidensiële kandidaat sal wees. Intussen word daar berig dat Geingob steeds Ekandjo se omstrede privaat-wetsontwerp wat deur beide wetgewers goedgekeur is, oorweeg.