Tender vir Opuwo-abattoir oopgemaak
Daar is goeie nuus vir boere in die Kunene-streek. Die Europese Unie, in samewerking met die landbouministerie en Nasionale Beplanningskommissie het die tender vir die opknapping van die Opuwo-slagpale na abattoir-status bekend gestel. Dit vorm deel van die ondersteningsprogram vir lewendehawe in die noordelike kommunale gebiede. Boere in die Kunene-streek het nie veel opsies vir die bemarking van hul diere nie en ‘n operasionele abattoir sal baie goeie geleenthede bied. Die tender sluit ook toerusting in en sluit op 6 Oktober.