Rugby: Stut Nyakane gereed om groen en goud te dra
Rugby: Die Springbokke speel Saterdag hul laaste tuiswedstryd van die jaar. Hulle sal Argentinië in ‘n Rugbykampioenskap-wedstryd op Ellispark in Johannesburg pak voordat hulle vertrek vir drie opwarmings-wedstryde in aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk. Die afrigter, Jacques Nienaber, toets steeds kombinasies en probeer spelers toetsvlak-speeltyd gee. Saterdag se wedstryd sal die eerste van die internasionale seisoen wees vir die stut, Trevor Nyakane, wat op die bank begin.