Lelike aantygings van korrupsie by Stad Windhoek
Kosmos 94.1 Nuus is in besit van ‘n anonieme brief wat aan die Teenkorrupsie-kommissie gestuur is oor ‘n vermeende bedrogspul by Stad Windhoek om 200 000 voorafbetaalde kragmeters in die hoofstad te installeer. Verskeie name word genoem en blykbaar sou die kontrak die rolspelers net meer as 246 miljoen Namibiese dollar laat verdien het. Die skrywer sê prosedures is nie gevolg nie en aanstellings is in die verband gemaak. Die kommissie het bevestig dat die stempel op die brief, en die naam die sekretaresse by die kommissie is maar, kon nie sê of ‘n ondersoek gelas is nie. Intussen het die Stad se woordvoerder Lydia Amutenya aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle bewus is daarvan maar, dat daar geen interne ondersoek gelas is nie.