Kripto-wet bekragtig, finansies moet implementeerJuly 27, 2023
Die Namibiese parlement het amptelik die Wetsontwerp op Virtuele Bates wat deur die minister van finansies, Ipumbu Shiimi in die parlement bekendgestel is, goedgekeur. Die wet is in die Staatskoerant gepubliseer nadat beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad dit goedgekeur het en President Hage Geingob dit bekragtig het. Die wetsontwerp is ingestel om voorsiening te maak vir die lisensiëring en regulering van virtuele bate-diensverskaffers. Dit sluit in om ‘n regulerende owerheid aan te wys om die bedryf te reguleer en toesig te hou. Dit is die eerste wet wat uiteensit hoe die land kripto-geldeenheid-verwante aktiwiteite moet reguleer. Dit sal in werking tree op ‘n datum wat deur die ministerie van finansies bepaal moet word.