Vragskip met 3 000 motors brand naby Nederland

ʼn Bemanningslid is dood toe ʼn vragskip met bykans 3 000 motors aan boord naby die Nederlandse eiland, Ameland, aan die brand geslaan het. Die vaartuig het Dinsdag vanuit die hawe van Bremerhaven in Noord-Duitsland gevaar onderweg na Port Saïd in Egipte. Voorlopige ondersoeke toon die oorsaak van die brand was waarskynlik een van die 25 elektriese voertuie aan boord die skip. Twee-en-twintig bemanningslede is gered en met asemhalingsprobleme hospitaal toe geneem.