Nuwe VSA ambassade in Windhoek open vroeg in 2024
Die Amerikaanse regering is trots op die nuwe Amerikaanse ambassade-kompleks in Windhoek wat tans onder konstruksie is. Die waarde van die ontwikkeling op die hoek van Nelson Mandela-rylaan en Metjestraat is meer as 275 miljoen Amerikaanse dollar. Die projek verskaf werk aan meer as 2 000 Namibiërs, waarvan 100 vroue is. Die ambassadeur Randy Berry sê al die agentskappe is opgewonde om vroeg volgende jaar by die nuwe ambassade in te trek wat roem op sy omgewingsvriendelikheid. Berry het vandag met die media in by sy ambassadeurswoning in Windhoek gesels…