Rugby: Nienaber sê spankeuse is ‘n balanseertoertjie

Rugby: Die Springbokke is gefokus op die verdediging van hulle Wêreldbeker-titel in Frankryk vanjaar en dit speel ʼn groot rol in hulle spankeuse. Afrigter Jacques Nienaber het nege veranderings aangebring aan die beginspan vir Saterdag se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Argentinië in Johannesburg. Volgens Nienaber is dit ʼn balanseertoertjie om spelers speelkans te gee, maar steeds te probeer om te wen om hulle selfvertroue hoog te hou.