Kenner sê Schlettwein is verkeerd, droogte kan nie bestuur word nie
‘n Plaaslike landboukenner stem nie saam met die landbouminister Calle Schlettwein se mening dat die nadelige impak van die droogte bestuur kan word nie. Schlettwein het die negatiewe uitwerking van droogtes op die beskikbaarheid van water vir produksie en weiding erken, wat lei tot trae groei in landbou. Hy het egter verseker dat strategiese maatreëls ingestel is om die gevolge te bestuur. Schlettwein beklemtoon dat ten spyte van die uitdagings van die droogte, die regering verskeie droogtehulp-programme in werking gestel het, insluitend subsidies vir die vervoer van beeste na abattoirs of na beter weivelde. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukundige Wallie Roux gepraat wat sê onlangse droogtes het die teendeel bewys.