Britse oud-intelligensieman sê aanvalle in Moskou is ook simbolies

Rusland beskuldig Oekraïne daarvan dat hy die Russiese hoofstad Moskou met hommeltuie aangeval het. Volgens die burgemeester van die Moskou is geboue in Moskou getref, met mediaberigte wat sê puin is nie ver van die hoofkwartier van die ministerie van verdediging gevind nie. Volgens die ministerie kon Russiese lugverdediging die twee hommeltuie onderskep. Voormalige Britse intelligensiebeampte Christopher Steele, sê dat die hommeltuig-aanvalle van Oekraïne ‘n simboliese aanval is om die Russiese volk te herinner dat hulle in ‘n oorlog is.