Ondersoek na chroniese lood-blootstelling later bekend

Beamptes van die gesondheidsministerie en epidemioloë van die Wêreldgesondheids-organisasie het Rosh Pinah besoek om gevalle van chroniese lood-blootstelling by kinders Rosh Pinah in die Karas-streek te ondersoek. Trevali Mining Corporation, voorheen bekend as Rosh Pinah Zinc Corporation, word ook by die ondersoek betrek nadat die myndokter 30 gevalle in ‘n verslag aangemeld het. Hy het glo beveel dat die owerhede ingelig word, waarna sy kontrak skielik tot ‘n einde gekom het. Die ministerie het gevalle van chroniese lood-blootstelling onder kinders tussen die ouderdomme van een en 12 bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya gepraat oor wanneer die bevindinge bekend gemaak sal word.