Israelse dokters staak uit protes
Dokters in Israel gaan vandag vir 24 uur lank staak as deel van die afgelope maande se protesoptrede oor die omstrede hervormings aan die regstelsel. Die polisie het met protesgangers slaags geraak in Jerusalem en Tel Aviv nadat die Parlement vroeër die dag die eerste van ‘n reeks wette goedgekeur het. Die Knesset het ‘n nuwe omstrede wetsontwerp, wat howe se magte sal inperk en wat groot verdeeldheid in die land veroorsaak, die groenlig gegee. Opposisiepartye het die stemmery geboikot. Die wet sal howe beperk om onredelike regeringsbesluite ter syde te kan stel. Baie van die protes-gangers het die eerste hervormings aan die regstelsel as ‘n nederlaag vir Israel se demokrasie bestempel.