VN pomp Jemen-vragskip leeg
Die Verenigde Nasies het vandag, na twee jaar se onderhandelings, begin om 1 miljoen vate ru-olie van ‘n gestrande, verrottende vragskip te verwyder. Die vaartuig is in 1984 aan die kus van Jemen geanker om olie wat deur die Marib-olieveld vervaardig is, te berg. Dit is ontwerp om gereeld leeggemaak en onderhou te word, maar die oorlog in Jemen het dit onmoontlik gemaak om dit te doen. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres, sê ‘n storting sou ‘n reuse-ramp gewees het.