PDM-jeug eis nasionale dokumente vir almal

Die Popular Democratic Movement se jeugliga is bekommerd oor die aansienlike aantal inwoners in die Kavango-Wes- en Oos-streke wat tans sonder identiteitsdokumente is. Volgens die party is ‘n groot deel van die bevolking in hierdie streke hul reg op burgerskap geweier weens die gebrek aan dokumentasie. Die jeugliga doen ‘n ernstige beroep op die ministerie van binnelandse sake om onmiddellik op te tree deur beamptes na die geraakte streke te stuur. Julia Nekwaya, die jeugliga se assistent-organiseerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…