Herstelwerk na Jhb-gasontploffing vorder goed
Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, is tevrede met die werk wat gedoen is na verlede week se gasontploffing in die middestad. Hy het gepraat tydens ‘n oorsigbesoek saam met verskeie van sy burgemeesterskomiteelede. Die voorval het een lewe geëis terwyl 48 mense beseer is, en het ook gelei tot krag- en watertoevoeronderbrekings. Gwamanda sê amptenare werk onverpoosd om vordering te maak met die herstelproses: