Agt sterf in tenkwa-ontploffing in Nigerië
Minstens agt mense is dood toe ‘n petroltenkwa in die Ondo-staat in die suidweste van Nigerië omgeslaan en kort daarna ontplof het. Die slagoffers is mense wat op die tenkwa toegesak het om petrol uit te tap, toe daar ‘n ontploffing was. Nigeriërs betaal drie keer meer vir petrol nadat ‘n dekade-lange subsidie einde Mei geskrap is. Sakeondernemings, motoriste en huishoudings is uiters afhanklik van kragopwekkers weens die land se onvoldoende en onbetroubare kragvoorsiening.