Motorsport: Verstappen vat Hongaarse Grand Prix
Motorsport: Die heersende wêreldkampioen, Max Verstappen, het die Hongaarse Grand Prix gewen en sy sewende agtereenvolgende sege behaal. Dit was ook Red Bull se 12de agtereenvolgende Formule Een-oorwinning wat McLaren se 1988-rekord van elf verbeter. Lando Norris in sy McLaren was tweede en Sergio Perez in die ander Red Bull derde nadat hy ook in die negende plek weggespring het. Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton moes met ‘n vierde plek tevrede wees nadat hy voor weggespring het. Norris se spanmaat, Oscar Piastri, het in die vyfde plek klaargemaak. Verstappen is nou 110-punte voor Perez in die bestuurderskampioenskap.