Kringtelevisie-opsporing styg in Kaapstad
Die Stad Kaapstad sê die Metro-polisie se strategiese waarnemings-eenheid het tussen April en Junie vanjaar 7 339 voorvalle hanteer. Dit sluit misdaad, vandalisme, motorongelukke, brande en verskeie ander insidente in. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê dis ‘n styging van 108 persent in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar toe 3 524 voorvalle opgespoor is.