Agt lede van adjunkpresident se BBP-eenheid vandag in hof

Die DA sê hy is bly die agt lede van die BBP-beskermings-eenheid wat betrek word by die aanranding op die N1-hoofweg in Johannesburg, verskyn vandag in die Randburg-landdroshof. ‘n Ondersoek is geopen nadat ‘n video verskyn en soos ‘n veldbrand versprei het waarop lede van die eenheid, wat verbind word met adjunkpresident Paul Mashatile se beskerming-eenheid, drie ongewapende mans aanrand. ‘n DA-woordvoerder, Andrew Whitfield, sê die strafregstelsel moet nou sy plig sonder vrees of guns uitvoer.