Barbie breek rekords by rolprentteaters

Die fliek Barbie het in sy openingsnaweek in Amerika ongeveer 2,8 miljard Namibiese dollar by die loket verdien wat die grootste debuut is van ‘n fliek wat deur ‘n vrou gemaak is. Die film is deur Greta Gerwig vervaardig en die sterre Margot Robbie en Ryan Gosling speel daarin. Captain Marvel, met medevervaardigers Anna Boden en Ryan Fleck, het voorheen dié titel in 2019 gehou. Barbie se debuut het wêreldwyd sowat 6,8 miljard dollar gemaak. Die fliek het ook ander rekords by kaartjiekantore verbeter. Dit sluit in die grootste openingsnaweek van die jaar waar dit The Super Mario Bros. Movie die loef afsteek.