Ontwikkelingsraamwerk van Hyphen-groenwaterstofprojek bekendgestel
Die regering van Namibië en Hyphen Hydrogen Energy gaan vandag die sosio-ekonomiese ontwikkelingsraamwerk vir Namibië se braanbreker groenwaterstof-projek van 10 miljard Amerikaanse dollar op Keetmanshoop bekendgestel. Die raamwerk is ‘n integrale deel van die haalbaarheids- en implementerings-ooreenkoms om die sosio-ekonomiese welstand van Namibië te bevorder, werk te skep, plaaslike gemeenskappe te bemagtig, ekonomiese groei te bevorder en ‘n volhoubare toekoms vir almal te koester. Die regering en Hyphen gaan vanaf Augustus vir drie maande landwyd met gemeenskappe en besighede konsulteer om volledig die raamwerk te verduidelik oor hoe Namibiërs by die projek gaan baatvind.