DBV waarsku Namibiërs teen dieremishandeling

Die Dierebeskermings-vereniging waarsku alle Namibiërs dat die Dierebeskermingswet toegepas sal word wanneer diere mishandel word. Dit volg nadat hul tak op Lüderitz ‘n klag by die Namibiese polisie aanhangig gemaak teen ‘n man wat gesien is waar hy ‘n hond langs ‘n openbare vullisdrom wreed doodgeslaan het. Volgens die DBV word nog twee mans by die saak betrek, asook ‘n vrou wat glo die drie verdagtes gehuur het om die hond dood te maak vir die kospotte. ‘n Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei. Sylvia Breitenstein, bedryfsdirekteur van die vereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…