Net sommige Afrikalande kry Musk se Starlink-internet
Die DA sê die uitvoerende hoof van SpaceX, Elon Musk, het onlangs aangekondig Kenia is die volgende Afrikaland wat toegang tot Starlink gaan kry. Die satelliet-gebaseerde internetverskaffer sorg vir vinniger af- en oplaai-spoed, groter mededinging en laer koste. Natasha Mazzone van die DA sê ander Afrikalande soos Algerië, Ghana, Nigerië, Mauritanië, Mosambiek en Rwanda het ook beter internettoegang ingestel, maar Suid-Afrika bly uitgesluit. Volgens Mazzone benadruk Musk se kommer oor rasgebaseerde beleidsrigtings die ANC se traagheid om uitgediende wetgewing en regulasies op te dateer.