Blits van Botswana breek Frank Fredericks se Afrika-rekord
Atletiek: Die legendariese Namibiese naelloper Frank Fredericks se Afrika-rekord in die 200 meter vir mans van 19,68 sekondes is ná 27 jaar verpletter. Die blitsige naelloper van Botswana Letsile Tebogo het die vinnigste man in Afrika in die geskiedenis geword deur die 200 meter in 19,50 sekondes te hardloop. Tebogo het by die Londense Diamantliga-byeenkoms tweede geëindig ná die Amerikaner Noah Lyles, wat 19,47 sekondes gehardloop het met Brittanje se Zharnel Hughes wat derde was in 19,73 sekondes.