Zelensky wil Afrika-leiers in Afrika ontmoet
Die Oekraïnse President Volodimir Zelensky wil ‘n verskeidenheid Afrika-leiers in Afrika ontmoet om sy posisie oor die Russiese inval in sy land 18 maande gelede, te verduidelik. Suid-Afrikaanse media berig Zelensky het verlede week met Afrika-redakteurs in Kiëf gepraat en gesê hy wil hê die vergadering moet in Afrika gehou word sodat die leiers mekaar in die oë kan kyk. Zelensky sê na Afrika-leiers, insluitend President Cyril Ramaphosa, verlede maand sy land en Rusland besoek het, sal nog meer leiers na verwagting Oekraïne besoek.