Trump se verhoor oor geheime dokumente tot Mei 2024 uitgestelJuly 22, 2023
Die verhoor van die Amerikaanse oudpresident Donald Trump oor aanklagte van die wanhantering van hoogs geheime dokumente gaan in Mei volgende jaar begin. ‘n Hof in Florida het beveel die jurie-verhoor moet op 20 Mei begin, minder as ses maande voor die presidentsverkiesing. Die datum is ‘n kompromis tussen ‘n voorstel van aanklaers vir die verhoor om in Desember vanjaar te begin en ‘n versoek van die verdediging om die verhoor ná die November 2024-verkiesing te hou.