Selfmoord onder onnies, leerders skok ombudsmanJuly 21, 2023
Die Namibiese ombudsman het met skok gereageer op die selfmoordsyfers van onderwysers en leerders wat die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, onthul het. Altesaam 24 onderwysers en 13 leerders het hul eie lewens in 2022 geneem. Volgens die Volgens die Wêreldgesondheids-organisasie is Namibië se selfmoordsyfer die hoogste op die vasteland. Kosmos 94.1 Nuus het met ombudsman, Basilius Dyakugha, gesels wat sê dat Namibië moet terugkeer na die konsep van ubuntu.