Nampol sê dit gaan goed met weggooi-baba
Die Namibiese polisie sê dit gaan baie goed met die babaseuntjie wat Donderdag deur ‘n lid van die publiek in ‘n rivierbedding tussen die Ombili en Hakahana informele nedersettings in Katutura gevind is. Die pasgebore baba is na die Katutura-staatshospitaal vir mediese ondersoek geneem. Adjunk-inspekteur Silas Shipandeni van Nampol, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en doen ‘n beroep op die publiek om te die ma te help vind…