Beleggers meer bewus van impak op wêreld

Die finansiëledienste- en versekeringsbedryf is geen uitsondering op die evolusie van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en volhoubaarheid die afgelope jare nie. Besighede in hierdie sektore word nou verantwoordelik gehou vir hul maatskaplike en omgewings-impak, en daar word van hulle verwag om met ‘n groter verantwoordelikheidsin te funksioneer teenoor die gemeenskappe wat hulle dien. namate beleggers meer bewus word van die impak wat hul beleggings op die wêreld het. Mignon du Preez uitvoerende hoof van bemarking, openbare sake en volhoubare bestuur van Old Mutual Namibia sê beleggers word meer bewus van die impak wat hul beleggings op die wêreld het.