Krieket: Kolfer Zak Crawley beïndruk

Krieket: Zak Crawley het ‘n ongelooflike 189 lopies van 182 balle aangeteken op die tweede dag van die vierde As-toets tussen Engeland en Australië. Die Britte het die dag op Old Trafford afgesluit met 384 vir vier en ‘n eerstebeurt-voorsprong van 67. Crawley deel ‘n vennootskap van 121 met Moeen Ali wat 54 behaal het, en daarna ‘n dubbele honderdtal-vennootskap met Joe Root, wat op 84 uit is. Chris Woakes spog met sy eerste vyf paaltjies in ‘n As-toets en Australië was in hulle eerste beurt almal uit vir 317. Engeland móét die wedstryd wen om die reeks gelykop met twee elk te maak voor die bepalende toets op die Oval.