Minstens vyf sterf in modderstorting in IndiëJuly 20, 2023
Minstens vyf mense is dood en talle is vermoedelik onder die modder begrawe ná ‘n modderstorting by ‘n dorp in die staat Maharashtra in die weste van Indië. Swaar moesonreën in die gebied het tot die modderstorting gelei. Sowat 75 mense is na veiligheid geneem. Volgens die polisie in die gebied word sowat 100 mense vermis. Reddingswerkers se taak word bemoeilik deur die volgehoue swaar reën. Intussen is skole en kolleges in die finansiële hoofstad Mumbai weens die reën gesluit en sommige treindienste is opgeskort. Nog reën word in die volgende 24 uur verwag.