DA vra vir dringende ondersoek in ontploffing

Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Mzi Khumalo, om dringend ondersoek in te stel na die oorsaak van Woensdag se ontploffing in die Johannesburgse middestad. Een persoon is dood en 42 mense beseer in die vermoedelik ondergrondse gaspyp-ontploffing. Ooggetuies sê hulle het ‘n harde ontploffing gehoor toe Breestraat oopskeur. Solly Msimanga van die DA sê hierdie ontploffing is lewensgevaarlik vir die tienduisende werkers, werksoekers en inwoners van die middestad.