Een sterfgeval in ontploffing in Jozi
Die nooddienste in Johannesburg het vanoggend in die vroeë oggendure die liggaam van een persoon gevind ná die ontploffing Woensdagaand in die Johannesburgse middestad. Egoli Gas sê hy het sy pypnetwerk in die Breestraat-gebied in Johannesburg se middestad geïnspekteer en kon geen skade vind nie. Dit volg ná ‘n vermeende gasontploffing Woensdagaand waarin 41 mense beseer is. Egoli Gas versprei aardgas deur ‘n netwerk en bedien meer as 8 500 kliënte uit verskeie markte in die Groter-Johannesburg-gebied. Hy sê hy sal sy netwerk vandag deeglik ondersoek en deskundige inligting oor aardgas wat in pype versprei word, aan owerhede gee.