Gebaretaal nou amptelik in vier Afrikalande
President Cyril Ramaphosa sê dis ‘n mylpaal om Gebaretaal as Suid-Afrika se 12de amptelike taal te erken. Hy het amptelik die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Gebaretaal by die Uniegebou in Pretoria onderteken. Suid-Afrika is nou die vierde land in Afrika wat gebaretaal as amptelike taal erken. Die ander lande is Kenia, Zimbabwe en Uganda. Ramaphosa sê dit sal help om kommunikasieprobleme tussen inwoners van die land en die dowe gemeenskap op te los.