Rugby: Springbokke oefen in Pretoria

Rugby: Die Springbokke oefen in Pretoria saam om voorbereidings te hervat vir volgende Saterdag se laaste Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Argentinië in Johannesburg. Afrigter Jacques Nienaber het dieselfde uitgebreide groep behou na die oorwinning oor die Wallabies en die nederlaag teen die All Blacks. Die wedstryd op Ellispark is hulle laaste wedstryd op tuisbodem voor hulle nog drie wedstryde speel, voor hulle verdediging van hulle Wêreldbeker-titel begin. Die Bokke pak Argentinië in Buenos Aires, Wallis in Cardiff en Nieu-Seeland op Twickenham.