Konstruksiebedryf-federasie bekommerd oor boubedryf

Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië het sy kommer uitgespreek oor die konstruksiesektor wat steeds ‘n sukkelende bedryf is. Altesaam 915 bouplanne ter waarde van 709,2 miljoen Namibiese dollar is gedurende die eerste helfte van vanjaar deur Stad Windhoek goedgekeur, wat 19,7 persent laer is as die aantal goedkeurings oor dieselfde tydperk verlede jaar, en 6,1 persent laer in waarde. Die aantal goedkeurings gedurende die eerste helfte van vanjaar was die laagste eerste ses maande sedert 2020, volgens IJG Sekuriteite. Boonop het 2023 se konstruksiesektor in waarde-terme die swakste sedert 2009 begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die federasie gepraat…