Namibiërs moet nou met visums na VK reis

Die Britse regering het vandag aangekondig dat alle Namibiese burgers met onmiddellike effek ‘n visum sal benodig voordat hulle na die Verenigde Koninkryk kan reis. Die besluit is geneem as gevolg van die volgehoue en aansienlike toename sedert 2016 in die aantal Namibiese burgers wat vir asiel in Brittanje aansoek gedoen het. Dit is ‘n misbruik van die voorsiening om die VK vir ‘n beperkte tydperk as nie-visum-nasionaal te besoek. Die veranderings, wat onmiddellik in werking tree, sal van toepassing wees op alle Namibiese burgers wat na die VK reis. Daar sal egter ‘n oorgangstydperk van vier weke tot16 Augustus wees vir Namibiërs wat vliegkaartjies voor vandag bespreek het om na Brittanje te reis as ‘n nie-visum-burger. Charles Moore, die Britse hoë kommissaris in Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Hy maan ook dat Namibiërs wat reeds onwettig in die VK is, gedeporteer sal word.