Action SA kondig maatreëls aan oor NSFAS
ActionSA sê hy gaan vandag die regsmaatreëls aankondig wat hy gaan instel teen die toekenning van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se kontrak vir die regstreekse uitbetaling van toelaes. Die hulpskema het regstreekse betalings ingestel in samewerking met bankdiens-verskaffers soos eZaga, Tenetech, Coinvest en Norraco. Die doel is om sy aanspreeklikheid oor studente-toelaes te verseker en ‘n beter gekoördineerde stelsel vir die oordrag van fondse aan studente te vestig. Samkelo Mgobozi van ActionSA sê die oorgang na die regstreekse betaling van toelaes aan studente benadeel studente se welstand.