Australiese seevaarder dankbaar oor redding

’n Australiese seevaarder is diep dankbaar nadat hy en sy hond gered is nadat hulle twee maande in die Stille Oseaan gedryf het. Die 51-jarige Tim Shaddock, en sy hond Bella het in April in ‘n katamaran van Mexiko se kusstad La Paz vertrek en beplan om sowat 6 000 kilometer te vaar voordat hulle in tropiese Frans-Polinesië anker sou gooi. Maar hulle het hulself gou in die uitgestrekte Stille Oseaan gestrand gevind nadat rowwe toestande die vaartuig beskadig en sy elektronika uitgeslaan het. Shaddock en sy woef het oorleef deur reënwater te drink en aan rou vis te peusel.