USS Kentucky met kernwapens gooi anker by Busan

ʼn Amerikaanse duikboot toegerus met kernwapens en deur amptenare van Suid-Korea geïdentifiseer as die USS Kentucky, het die eerste keer in vier dekades in die hawe van Busan vasgemeer. Dit volg nadat Amerika ingestem het om gereeld kernduikbote in die Asiese land te ontplooi, as ʼn afskrikmiddel vir die toenemende aggressie van Noord-Korea. Die suster van die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-Un, Kim Yo Jong, het haar kommer uitgespreek dat die ontplooiing van die duikboot tot ‘n verhoging van spanning oor kernwapens kan lei.